JOIN OUR MAILING LIST
JONGSTE NUUS

RAZORBACK INVITE 26 JANUARIE 2019 FAYETTEVILLE ARKANSAS - VSA

Carina hardloop haar 2e Indoor byeenkoms van die seisoen en verbreek haar myl tyd met byna 6 sekondes. Haar nuwe PB in die myl is 04:33,88. Die tyd is heel moontlik goed genoeg om die NCAA finale te haal aan die einde van die Indoor seisoen. Carina het in 2018 met 'n tyd van 04:39 die finale met een plek gemis. Susan Ejore op die foto agter Carina was die laaste atleet op die lys wat die top 16 gehaal het in 2018 om te kwalifiseer vir die finaal. Hierdie naweek neem die Razorbacks deel in Seattle. Carina is ingeskryf vir die 3000m (glad nie haar gemaksone nie) asook die myl. 

PUMA SCHOOL OF SPEED 2 FEBRUARIE 2019 RUIMSIG

Ons atlete met hul vars bene het baie goed presteer by die PUMA byeenkoms. Die vorige aand se byeenkoms by Noordheuwel het uitgereën en ons was almal vol adrenalien vir die PUMA byeenkoms. Baie atlete het hulle beste tye behaal. Jean verbeter sy 1500m tyd met 10 sekondes na 04:17 en Marco verbeter ook na 04:36. Rynard en Andries het albei presteer in die 800m en bewys dat hulle besig is om gereed te word vir die hoof seisoen. 

Die meisies het ook 'n goeie dag op die baan gehad. Simone en Jolandi was 2e en 3e in die 1500m en Kimberley het die 800m ver gewen. Die ster van die dag was egter Shannon met 'n reuse PB in die 800m. Sy en Sandra Wijtenburg het 'n harde laaste 300m gehardloop en Shannon het gewen in 'n tyd van 2:14,77! Shannon is 'n voorbeeld vir alle atlete. Na 'n hoogspring besering moes sy geleidelik weer terug kom en nou oefen sy kliphard en die resultate wys. Foto: Marcel Viljoen

LAERSKOLE ATLETIEK 1E KWARTAAL

Ons laerskool atlete het sover 'n goeie seisoen en staan behoorlik uit by byeenomste. Marisan en Mieke het al heelwat 1e en 2e plekke behaal wanneer Louw Geldenhuys teen ander skole deelneem. Die laerskool atlete se Cluster is Vrydag oggend en dan sal bepaal word wie vorder tot by D10. Dit is baie stresvol en ek hoop dat elke atleet sy bes sal gee en daarna tevrede sal wees. 

Terug Terug na bo