Almal wat wil langafstande doen, m.a.w. van 400m tot marathons. Van graad 1 tot seniors is welkom. Ons oefen juis 2 uur en 5 uur daagliks sodat almal by ons kan inval.
Nee. Elkeen begin teen sy eie vermoë en jy doen net soveel as wat jy kan in die begin. Eers later word daar meer van jou verwag. By ons sal jy sukses behaal indien jy bereid is om hard en getrou te oefen.
Gemaklike oefenklere. Kort broekie en T-hemp is waarmee meeste oefen.
Wag eers voor jy nuwe skoene koop. Jy kan altyd by ons inligting kry oor die nuutste skoene. Jy het egter skoene nodig, want ons oefen soms op die pad of op ruwe terrein.
By ons besluit elke atleet self hoe goed hy of sy wil vorder. Dit hang 100% van jouself af wat jy wil bereik. As jy net eenkeer per week kan kom oefen is dit reg met ons. Jy moet net weet dat wat jy insit jy gaan uitkry.