JOIN OUR MAILING LIST
JONGSTE NUUS

NATIONAL RELAYS FAYETTEVILLE 28 APRIL 2018

Ek en Gerhard was so bevoorreg om vir Carina in die VSA te gaan kuier. Dit was 'n ongelooflike leerskool om te sien hoe hulle byeenkomste aanbied en hoe hulle afrig. Die kwaliteit van die wedlope wat daar plaasvind is iets ongelooflik. Carina is nou klaar met haar 2e jaar as 'n Razorback en sy doen baie goed in die landloop en veral die 1500m. Dit was vir my 'n voorreg om te sien hoe sy haar PB hardloop by Stanford in die 1500m. Sy het nou haar tyd afgebring na 04:16.07.

Amerika is 'n wonderlike geleentheid vir ons atlete, maar dit is nie maklik nie en die opoffering is baie groot. Ons is dankbaar dat hierdie keuse vir Carina uitwerk en teenoor haar afrigter en universiteit vir al die ondersteuning.

LANDLOOP 2E KWARTAAL

Die landloop seisoen is wild aan die gang en ons het reeds 3 CGA ligas gehardloop. Daarby neem ons deel aan 'n hoërskole landloop liga waarvan reeds 6 ligas gedoen is. Van ons atlete lyk baie goed en ons junior dogters maak ons baie opgewonde vir die toekoms. 

PUK PRESTIGE AFLOS 4 MEI POTCHEFSTROOM

Ons spanne het uitstekend gevaar. Beide ons junior en senior spanne het 3e gekom uit 16 skole! Die beste span van die dag was die Junior meisies wat gewen het. Mooi so Shannon, Kimberley, Jolandi en Simone. Julle is so 'n lekker span. Maar ons senior atlete en ook die junior seuns het bo verwagting presteer en ons is trots op elkeen.

Terug Terug na bo